Die regering het dalk planne om die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voor die einde van die jaar in te stel.
Solidariteit het Dinsdag die departement van gesondheid gemaan oor die uitlatings van dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement, wat daarop dui dat die regering beplan om fase 1 van die NGV voor die einde van 2022 te begin aktiveer.
Volgens Solidariteit ondermyn dit die voorneme van die regering om die omstrede beleid aan ’n proses van openbare deelname te onderwerp voordat verdere besluite geneem word.