Die patologiegroep PathCare is die enigste van die drie grotes wat nie ’n ooreenkoms wou teken met die Mededingingskommissie om die prys van sy Covid-19-toetse tot onder R500 te verlaag nie.
Die Mededingingskommissie het Sondag op ’n dringende mediakonferensie aangekondig die twee grootste private patologiegroepe, Ampath en Lancet, het ingestem om die pryse van polimeerkettingreaksie-toetse (PCR-toetse) vir die virus te verlaag.
Die toetse sal met onmiddellike ingang nie meer as R500, BTW ingesluit, kos nie.