Die belastingkrediete wat lede van mediese fondse ontvang, sal stelselmatig verminder word om dié geld vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te wend, sê dr. Mark Blecher, hoofdirekteur van gesondheid van die nasionale tesourie.
Die bedryf hou asem op vir ’n aankondiging oor die belastingkrediete, wat lede se premies help verlaag.
Blecher sê aankondigings kom waarskynlik in die mediumtermynbegrotingsraamwerk later vandeesmaand en in Februarie se begroting oor hoe mediese belastingkrediete hervorm gaan word.