Suid-Afrikaners het in 2022 byna 8,4 miljoen lewens- en begrafnispolisse gekanselleer en byna 700 000 spaarpolisse voortydig laat uitbetaal.
Daarby is 1,2 miljoen minder langtermynversekeringspolisse verkoop as in 2021.
Dít terwyl 2022 die jaar was waarin die tweede meeste eise en voordele tot dusver vir langtermynpolisse uitbetaal is. Eise en ander uitbetalings op langtermynpolisse het R578 miljard beloop.