Die rand wat die afgelope jaar met sowat 25% teenoor die dollar verswak het, beteken al hoe meer Suid-Afrikaners begin planne beraam om eerder oorsee te belê.
Ryno Viljoen, uitvoerende hoof van Cashkows.com, ’n maatskappy wat Suid-Afrikaners wat die land verlaat het, help om hul aftreegeld, polisse en bates oorsee te neem, sê aansoeke vir dié diens het sedert September verlede jaar drasties toegeneem.
“Gewoonlik plat ons navrae in Desember af, maar verlede jaar was dit anders – ons het ’n styging van 15% gesien.”