Ek het verlede week hier geskryf oor die belastingvoordele van ’n uittreeannuïteit (UA). Wat min mense egter besef, is dat ’n UA ook uitstekende voordele bied vir boedelbeplanning, soms beter as wat jy met ’n trust kan regkry. Kom ons kyk.
Die hoofdoel van enige boedelplan is om finansiële risiko’s (waaronder belastings) te beperk om in lewe vir jouself en ná jou dood vir jou naasbestaandes voorsiening te maak.
’n Trust as instrument vir boedelbeplanning is baie gewild. In ’n trust is die bate nie in jou boedel nie en by dood is die bate nie vatbaar vir boedel- en kapitaalwinsbelasting nie.