Hoe gemaak met ’n vruggebruik wanneer dit nie werklik meer nodig is nie en eintlik net almal ongelukkig maak?
Die vraag kom van ’n leser na aanleiding van my rubriek verlede week, “Loop lig vir vruggebruik”.
Ek kry nogal heelwat navrae hieroor. Die meeste hiervan gaan oor ’n vruggebruik oor eiendom ten gunste van ’n oorlewende gade (vrou). Ná ’n paar jaar kom sy en die ander erfgename (kinders) voor die werklikheid te staan en besef hulle dit was dalk nie so ’n goeie plan van oorlede pa nie.