Aan die vooraand van verskeie skerp verhogings – onder meer in die petrolprys en kragtariewe – gaan dit beroerd met Suid-Afrikaners.
’n Peiling wat die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue onder meer as 1 300 Suid-Afrikaners gedoen het, toon 76% kan nie meer die stygende lewenskoste absorbeer nie. 88% het reeds hul gebruik van basiese goedere en dienste besnoei.
Die inligting is bekend gemaak net twee dae voordat Enoch Godongwana, minister van finansies, in sy begrotingsrede gaan aankondig of belastings styg.