As jy 62c van elke R1 salaris wat ná aftrekkings in jou bankrekening land, moet gebruik om skuld af te betaal, is jy op dun ys.
Die gemiddelde skuldvlak van mense wat om skuldberading aansoek doen, is 62% van hul netto inkomste, dus baie na aan tweederdes.
Volgens die skuldberadingsmaatskappy DebtBusters se skuldindeks vir die vierde kwartaal van 2021 het Suid-Afrikaners gemiddeld minder kredietooreenkomste as ’n paar jaar gelede (ses, teenoor 7,4 in 2016), maar die waarde van die geld wat hulle skuld, is aansienlik hoër.