Dit word vir arm gesinne al hoe moeiliker om vleis, groente en vrugte by hul dieet in te sluit.
Die prys van die goedkoopste vleisprodukte styg baie skerp, met dinge soos beeslewer, hoenderlewer en polonie wat onderskeidelik 36%, 29% en 20% duurder as ’n jaar gelede is.
Een van die stapelvoedsels van baie Suid-Afrikaners, bevrore hoenderporsies, is 14% duurder as ’n jaar gelede en wors 13%. Stowebeesvleis is 11% duurder.