Vyf liter kookolie kos nou gemiddeld R150,81, ’n enorme 37% oftewel R40,99 méér as ’n jaar gelede.
Ná botterskorsie, wat 45% duurder is as ’n jaar gelede, is dit die basiese kossoort waarvan die prys in Maart die skerpste gestyg het.
Kookolie word nou al ’n jaar lank baie vinnig duur, met jaarstygings van 30% wat in Januarie en 35% in Februarie vanjaar aangeteken is.