Kan jy jou kosrekening in toom hou te midde van skerp stygings in die prys van brood, kookolie en vleis?
Dit gaan knor, maar jy kan dalk wel die impak van skerp stygende pryse versag deur op die oomblik meer vrugte en minder brood te eet – en deur jou kookolie met ’n teelepel af te meet.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Woensdag bekend gemaak kosprysinflasie het in April 6% beloop (nie-alkoholiese drinkgoed soos koffie, tee en koeldrank is hierby ingesluit). Dis hoeveel die gemiddelde koswaentjie duurder is as in April 2021.