’n Skokdiagnose van hul babadogter het ’n Pretoriase entrepreneurspaar ’n totaal nuwe sakerigting laat inslaan. Toe Francois en Mariaan Viljoen hoor Ansumé (toe 15 maande oud) het tipe 1-diabetes was hulle oorbluf.
“Daar is geen geskiedenis van diabetes in ons familie nie en ons het begin navorsing doen,” sê Francois.
Só het hulle op inligting afgekom dat trauma of ’n virale of bakteriële infeksie die ontwikkeling van die siekte kan veroorsaak.