’n Groep meganiese ingenieurs van die Noordwes-Universiteit glo hul nuwe “kitsbank” vir pap kan Suid-Afrikaners se honger teen lae koste stil, ’n gekonkel in die verspreiding van kospakkies uitskakel en boonop die oordrag van die koronavirus tot die minimum beperk.
Hulle het die patent vir hul uitvindsel Woensdag geregistreer.
Dié pap-OTM is ’n uitvloeisel van ’n voedingskema van die plaaslike sakekamer waarin die afgelope twee weke ’n halfmiljoen maaltye aan hulpbehoewendes in Potchefstroom en omgewing uitgedeel is.