Dit het begin by haar veganisvriend wat gesê het sy mond water vir ’n heerlike soet stuk fudge, maar dat hy weens sy dieetvoorkeure nie kondensmelk mag eet nie.
Heidi Dempers (47) het haar na die kombuis gehaas, waar sy haar ouma se fudge-resep gaan naslaan het. Sy het die resep noukeurig aangepas met bestanddele wat veganiste mag eet en ná ’n paar probeerslae het sy dieselfde watertand-fudge as haar ouma opgedis – hierdie keer net sonder enige diereprodukte.
Die gogga het haar net daar gebyt en Dempers verskaf nou veganislekkernye aan 45 Checkers-winkels.