Die erge ekonomiese inkrimping van 7% in 2020 kan die vordering met groter diversiteit in Suid-Afrikaners se dieet van die laaste paar jaar ongedaan maak, sê die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP).
Daar kan ’n al hoe hoër vraag na bekostigbare stapelvoedselsoorte soos mielies wees in die lig van finansiële druk op huishoudings weens die uitwerking van Covid-19, sê die BFAP in sy vooruitskouingsverslag tot 2029. Saam met ekonomiese herstel wat na verwagting lank sal neem, kan dit die diversiteit in huishoudings se dieet verminder.
Die per capita-verbruik van mielies het die afgelope dekade afgeneem, maar dit kan nou verander en eers in die tweede helfte van die vooruitsigtydperk herstel, lui die verslag.