Die afgelope week was ’n besige een vir Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
Nie net is haar jaarlikse begroting voorgelê nie, maar die departement het twee mylpale behaal wat betref meesterplanne vir die landbousektor.
Didiza het haar departement se begroting van R17,3 miljard vir die jaar Donderdag voorgelê.