’n Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in ’n derde provinsie wek kommer aangesien dit nou in ’n streek voorkom waarin die siekte nie endemies is nie.
Daar heers nou kommer dat die siekte weens onwettige bedrywighede na die streek versprei is.
Bek-en-klouseer is ’n hoogs aansteeklike virale siekte wat onder hoefdiere soos beeste, varke, skape en bokke voorkom.