Dagga kan bydra tot die ontwikkeling en uitbreiding van Suid-Afrika se landboubedryf, deel word van die land se sakesektor en duisende werkgeleenthede skep.
Dit was die boodskap die week van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling toe sy voorstel van ’n meesterplan vir dagga aan die parlement voorgelê is.
Die daggabedryf se potensiële waarde in Suid-Afrika kan soveel as R28 miljard wees en tussen 10 000 en 25 000 werkgeleenthede skep, sê die departement.