Deel

Vilko: Goue eeu van saamstaan gevier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hier by die eeufeesvieringe op 8 April staan (van links) Francois Swanepoel, hoofbestuurder van Sentraal-Suid Koöperasie (SSK), Dirk van Papendorp, SSK-voorsitter, Timo le Roux, Vilko se voorsitter, Marius Kleyn, Humansdorp Koöp se voorsitter, Henk Aggenbach, Humansdorp Koöp se hoofbestuurder, en Ben Klindt, Vilko se hoofbestuurder. Foto’s: VERSKAF
Hier by die eeufeesvieringe op 8 April staan (van links) Francois Swanepoel, hoofbestuurder van Sentraal-Suid Koöperasie (SSK), Dirk van Papendorp, SSK-voorsitter, Timo le Roux, Vilko se voorsitter, Marius Kleyn, Humansdorp Koöp se voorsitter, Henk Aggenbach, Humansdorp Koöp se hoofbestuurder, en Ben Klindt, Vilko se hoofbestuurder. Foto’s: VERSKAF

Die feesklokke op Villiersdorp het vandeesmaand behoorlik gelui ter viering van die Villiersdorp-koöperasie (Vilko) se 100ste bestaansjaar.

Dié koöperasie het sy ontstaan in 1922 waar dit formeel op 28 Februarie gestig, maar eers op 8 April amptelik geopen is.

Daar was in daardie stadium reeds ’n aktiewe landboubedryf op die dorp, maar dit was ongeorganiseerd. ’n Groep plaaslike boere het egter in 1920 die pioniersbesluit geneem om ’n boerevereniging te stig wat uiteindelik aanleiding gegee het tot die ontstaan van die koöperasie op dié landboudorp.

Dit het in sy beginjare as die Villiersdorp Moskonfyt- en Vrugtekoöperasie bekend gestaan. Die koöperasie bedien vandag vrugteboere wat al langs die waterskemas in onder meer Villiersdorp, Vyeboom, Greyton en Ceres boer.

Vilko se 100ste bestaansjaarvieringe het op 8 April vanjaar ’n hoogtepunt bereik met ’n spoggerige galageleentheid vir genooide gaste in die Mosko-stoor agter die alombekende Kelkiewyn-restaurant op die dorp.

Die landbou-ekonoom prof. Johan Willemse was die gasspreker gewees.

Timo le Roux, Vilko se voorsitter, het op die galageleentheid gesê dat die koöperasie se sukses op vier pilare staan, naamlik: mense, infrastruktuur en geboue, wiele, sowel as goeie finansiële bestuur.

Hy was vol lof vir die koöperasiepersoneel en die goeie werk wat hulle doen – ondanks die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar. “As ek van mense praat, verwys ek spesifiek na die personeel – van die persoon wat onder by die rak werk tot bo by Ben Klindt, die hoofbestuurder. Julle doen goeie werk.”

Volgens Le Roux kan ’n suksesvolle koöperasie slegs bestaan as dit op die sterk beginsels staangemaak word. Dít sluit in ekonomiese deelname deur die koöperasie se lede en die skep van ’n selfstandige en onafhanklike onderneming. Dan moet daar ook samewerking tussen belanghebbendes wees, sowel as demokratiese beheer.

Die laaste beginsel is vrywillige lidmaatskap.

“Die voordele van ’n koöperasie as ondernemingsvorm is dat dit geleenthede skep vir mense om saam te werk vir ’n gemeenskaplike doel. Die koöperasie mik daarom om hul gemeenskap of lede te bevoordeel, en grootmaataankope stel koöperasies ook in staat om soms beter pryse van die verskaffers te onderhandel,” het hy gesê.

Daarbenewens bied koöperasies ook goedere teen ’n bekostigbare prys aan die gemeenskap omdat dit nie noodwendig winsgedrewe is nie. “Mag ons die toekoms met soveel ywer as ons voorgangers aanpak,” het Le Roux gesê.

Dr. Pietie le Roux, wat vir 30 jaar op Vilko se direksie gedien het, en sy vrou, Sarie, by die galageleentheid.
Oom Daniel Roux, die oudste lewende voorsitter van Vilko, en sy vrou, Alida, het ook die galageleentheid bygewoon.
’n Spesiale boek wat meer vertel oor Vilko se geskiedenis oor die afgelope jare sedert die koöperasie se ontstaan in 1922, sowel as ’n eeufees-wyn is op die galageleentheid bekend gestel. Die gaste kon ook elkeen ’n eksemplaar huis toe neem.
Die Mosko-stoor agter die Kelkiewyn-restaurant het omtrent spoggerig gelyk gedurende die galageleentheid.

Vilko in kort

Die kenmerke van die Villiersdorp-koöperasie:

  • Die saamstaanvermoë en kameraadskap tussen die stigterslede van 1922.
  • Die koöperasie is aanpasbaar en kon oor die jare by ’n veranderende omgewing aanpas.
  • Die koöperasie hou by sy beginsels en het gekies om ’n koöperasie te bly toe almal na maatskappye oorgeskakel het.
  • Die lede het oor al die jare heen lojaal gebly.
Pad vorentoe

Volgens die bestuur van die Villiersdorp-koöperasie (Vilko) bly die volgende aspekte die koöperasie se hooffokus:

  • Die koöperasie-model werk, want dit het sover die toets van tyd deurstaan.
  • Hul fokus sal áltyd op die lid en kliënt bly.
  • Hulle sal poog om aanpasbaar te wees by die veranderende omstandighede – veral wat tegnologie betref.
  • Die Vilko-span sal altyd sorg dat struktuurskepping die hoogste prioriteit geniet, naamlik: mense, geboue, masjiene en voertuie. Dit verseker die koöperasie se waarde.
Vilko en sy vennote: Baie dankie, borge!

Vilko wil baie graag die volgende borge bedank wat hul eeufeesvieringe en hierdie bylaag moontlik gemaak het. Baie dankie vir jul volgehoue ondersteuning:

  • ABC Pumps
  • Agriplas
  • APL Cartons
  • Arbor Supply
  • Azapak
  • Ball Straathof
  • Bundu Brands (Pty) Ltd
  • Cape Flexible
  • Clean Homes
  • Corruseal
  • Duram Paints
  • Electroparts
  • EST Building
  • Harvest Trays
  • Inteligro
  • Irrigator Products
  • JoJo Tanks
  • L+G Tools
  • Lumber & Lawn
  • Macsteel
  • Mecoladder
  • Montego Pet
  • Moov Fuel
  • Mpact Operations
  • Mpact Versapak
  • Multiwrap Packaging
  • Netafim
  • New Era Packaging
  • Nuclear Packaging
  • Peninsula Packaging
  • Pienaar Brothers
  • Thura Makelaars
  • Villiersdorp Winery (Pty) Ltd
  • Wilkoo Marketing
  • Yara Africa


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
England 152/1
Ireland 172/10
Rand - Dollar
19.63
+0.5%
Rand - Pond
24.59
-0.2%
Rand - Euro
21.12
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,005.73
+0.2%
Palladium
1,392.93
+1.2%
Goud
1,977.99
+0.8%
Silwer
23.89
+1.6%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+0.9%
Hulpbronne 10
68,962
+2.1%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos