Groentetuinprojek help gesinne

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Produkte uit die groentetuin voed Dinsdae en Donderdae honderde behoeftiges in die gemeenskap. Foto: Brümilda Swartbooi
Produkte uit die groentetuin voed Dinsdae en Donderdae honderde behoeftiges in die gemeenskap. Foto: Brümilda Swartbooi
groente

Carien Möller, kommunikasiebestuurder by Mosaic, sê die Covid-19-pandemie het menige gesinne ’n groot slag toegedien. Daarbenewens is voedselsekerheid reeds ’n groot uitdaging.

Altesaam 34 pleegouers wat deel maak van dié gemeenskapsontwikkelingsprogram versorg tans 95 weeskinders in die Paarl. Sy meen toegang tot vars groente en vrugte sal ’n besonderse impak op dié gesinne se lewens maak. “Ons pleegouers is vreeslik opgewonde om vars groente en vrugte by hul huise te hê, veral omdat hulle daarmee kan kook. Ons ma’s is gewoonlik tannies en oumas wat kinders inneem en wat altyd net liefde het om te gee. Dit is lekker om hulle so opgewonde te sien.”

Die projek het ten doel om ’n selfonderhoudende tuin te ontwikkel, sowel as om kennis en vaardighede oor te dra sodat gesinne volhoubaar kan lewe. Erna Asbury, mede-eienaar van GEE Projects, het voorheen só groentetuine op die been help bring en sê so ’n tipe projek werk baie goed. Dit is ook waardevol vir die gemeenskap. “Die kinders leer van tuinmaak en bestee nodige tyd saam met hul gesinne in die tuin. Sakevaardighede word ook aangeleer omdat die groente in die gemeenskap verkoop word.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos