Die land se twee grootste hoenderprodusente bestee nou honderdmiljoene rande aan rugsteunkrag om die hardnekkige kragkrisis teen te werk.
Daar is ook nog ’n tekort aan kleiner hoenderporsies vir kitskosrestaurante, wat regstreeks aan beurtkrag toegeskryf kan word. Produsente kan weens beurtkrag nie gou genoeg slag nie en hoenders word dus groter voordat hulle geslag word.
Die pluimveegroep Astral Foods sê hy kry dit nog reg om sy kostestygings te absorbeer en nie aan verbruikers deur te gee nie.