Suid-Afrikaners hou vreeslik baie van ’n porsie vleis op die bord, al druk die ekonomie.
’n Plaaslike studie oor Suid-Afrikaners se eetgewoontes gaan heel moontlik die jong Sweedse aktivis Greta Thunberg in haar groentesap laat stik. Thunberg is van voorneme om mense te oortuig om eerder plantgegronde diëte te volg en afstand te doen van vleis.
Sterkte, Greta, want tot 46% van Suid-Afrikaners verkies om elke liewe dag vleis te eet.