As dit pap reën, moet ’n mens skep en dít doen die Amerikaners tans met jong talent uit Suid-Afrika.
Duisende jong mans gryp jaarliks die geleentheid aan om as plaaswerkers in die VSA te gaan werk.
Dié jong mans, waarvan die meeste ’n agtergrond in die Suid-Afrikaanse landbou het, is nou die tweede grootste groep buitelandse plaaswerkers in die VSA. Net Mexikane is meer.