Die Hollard Theewaterskloof Streeksjeugskou is op 15 Oktober op Villiersdorp gehou, en 80 deelnemers uit nege streke in die Wes-Kaap het meegeding.
Daar is in elke afdeling in drie klasse geskou: junior-junior (onder tien jaar), junior (tien jaar tot onder 14 jaar) en senior (14 tot 18 jaar).
Deelname aan die skou geskied op uitnodiging en die deelnemers moet aan ’n skool in die Wes-Kaap verbonde wees.