Gebore en getoë in Middelburg in die Oos-Kaap, is landbou van kleins af in Amoré Viljoen (31) se bloed.
Haar loopbaan in die landboubedryf sal sy vir niks verruil nie, maar hier moet jy jou man kan staan, sê sy.
“Om in ’n senior pos te wees en ’n vrou te wees is nie maklik nie, maar jy moet jou man kan staan, jou mond kan oopmaak en jou sê sê. Dit is een van die grootste uitdagings wat ek ervaar.