’n Knellende droogte in Brasilië gaan jou ontbyt dalk binnekort duurder maak. Koffie en lemoensap gaan waarskynlik skaarser en dus duurder word.
Bloomberg berig die afgelope reënseisoen in Brasilië, die wêreld se grootste uitvoerder van koffie, suiker en lemoensap, het baie min reën opgelewer.
Die grond is droog en riviervlakke baie laag in die land se sentraal-suidelike streek, die bakermat van die streek se landbou.