Die landbou-organisasie Saai soek nou die bloed van die amptenare wat vir die afgelope dekade se verval van die Potchefstroom-landboukollege verantwoordelik is.
Die organisasie het ’n prokureur opdrag gegee om die aanspreeklike amptenare op te spoor en waar nodig die howe te nader om inligting te kry, regstelling te verseker en aanspreeklikheid af te dwing, lui ’n verklaring van Saai.
Netwerk24 berig al sedert 2010 oor die vervalle toestand van die terrein en historiese geboue.