Labat Africa, wat planne gehad het om betrokke te raak by die farmaseutiese aspekte van dagga, gaan vir eers daarvan afsien.
Onderhandelinge met ’n farmaseutiese maatskappy in die Oos-Kaap gaan dus nie voort nie.
Labat, ’n beleggingsbeheermaatskappy met die oud-rugbybaas Brian van Rooyen as uitvoerende hoof, wou volle beheer van ’n Oos-Kaapse onderneming bekom as deel van sy planne om betrokke te raak by die verwerking van die aktiewe farmaseutiese bestanddele van dagga.