Maya Angelou het gesê: “When you know better, you do better,” sê Lynette Francis-Puren. “Ek dink wat die reeks regkry, is om vir mense letterlik ’n blik agter die plaashek te gee en hulle te help verstaan hoe kos van die land op die bord beland. Daardie pad wat dit loop, is ongelooflik.” Tydens die pandemie het die landbousektor gegroei en bewys hoe volhoubaar dit is, asook watter waarde dit toevoeg – nie net tot land en ekonomie nie, maar ook tot voedselsekerheid. “Die wyne, vrugte en groente wat ons uitvoer, die stelsels wat werk en die kundigheid binne die sektor is verbysterend.”
As meer mense net betrokke kon raak en kon deel wees van hierdie sektor, sou ons verstaan wat dit verg en minder geneig wees om net kritiek te lewer en snotty comments te maak, sê Lynette.