’n Suiwelplaas in die Wes-Kaap span slim planne in om energie te spaar en sy koolstofvoetspoor te verminder.
Die plaas Skimmelkrans net buite George behoort aan Nestlé Suid-Afrika en melk van hier af sorg vir die vervaardiging van onder meer Nestlé se Milo en Nespray.
Skimmelkrans se ’n mikpunt is om teen 2023 net zero koolstofvrystelling te behaal en gebruik daarom byvoorbeeld sonpanele om energieverbruik te verminder en koeimis vir die bemesting van grond en weivelde.