Boere sal ondanks die huidige uitdagings voortgaan om voedselsekerheid te verseker, het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ná hulpkrete uit dié bedryf belowe.
Bedryfsrolspelers het Sondag met Didiza vergader om oplossings vir die droewige impak van beurtkrag te vind.
Verskeie rolspelers, waaronder die DA en Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het al gewaarsku dat die voortslepende kragkrisis ’n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid inhou.