Die opleiding en bemagtiging van die jeug lê die Mooiuitsig-groep van Bonnievale na aan die hart.
Daarom bewillig dié landbouonderneming elke jaar geld om aan projekte en plaaslike skole in die Bonnievale-omgewing te skenk, lui ’n verklaring wat die groep uitgereik het.
Een van die skole wat hierby baat vind, is die Jakes Gerwel Tegniese Skool. “Mooiuitsig, net soos ander landbouondernemings in die distrik, is van topgehalte- geletterde werknemers afhanklik en daarom belê ons graag dáár waar ons ’n verskil kan maak,” sê Olive Jonker, voorsitter van die Mooiuitsig-groep.