Graan SA se oesfees op Nampo is met bibberweer en met tye gietende reën afgesluit toe die laaste van sy 73 000 besoekers Vrydagmiddag huis toe is.
“Ons het gesê ons sal tevrede wees met 50 000 besoekers, maar uiteindelik is 73 000 kaartjies vir die Nampo-oesfees verkoop,” sê Toit Wessels, assistent-bestuurder vir bemarking.
Altesaam 335 vliegtuie en 70 helikopters het op Nampo se vliegveld geland, wat beteken ongeveer 950 mense het lugvervoer gebruik om die oesfees te besoek.