Infrastruktuur en hoe dit die vooruitgang van die landbou beïnvloed, is vandeesweek ’n groot besprekingspunt op Nampo naby Bothaville.
Veral die padnetwerk en probleme by die land se hawens kan op lang termyn ekonomiese groei strem en veroorsaak dat die plaaslike landboubedryf nie sy volle potensiaal bereik nie.
In die week se eerste aanbieding van Nasie in Gesprek het prof. Ferdi Meyer, uitvoerende direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), Kokkie Kooyman, portefeuljebestuurder by Denker Capital, en Hugo Pienaar, van die Buro vir Ekonomiese Navorsing, Dinsdag die stand van die ekonomie bespreek.