Die eerste helfte van Quantum Foods se lopende boekjaar was uitdagend.
Die groep moes soos ander hoenderprodusente aansienlike stygings in die meeste insetkoste trotseer.
Stygings in die pryse van voer, roumateriaal en logistieke koste het vir uitdagings in die oorsigtydperk tot 31 Maart gesorg.