Die Mededingingskommissie is bekommerd dat te veel mag in te min boere, insetverskaffers en landbouverwerkers se hande is.
Die kommissie wil nou spesifieke waardekettings in die landbousektor ondersoek weens hoë vlakke van konsentrasie en beperkte deelname, veral wat betref landbou-insette en die getal boerderyeenhede.
Dele van die landbouwaardeketting is ’n “goeie kandidaat” vir ’n markgerigte ondersoek, lui die kommissie se verslag oor die vlakke en tendense van konsentrasie en deelname in die Suid-Afrikaanse ekonomie.