Die land se vee word bedreig deur die voortslepende tekort aan entstowwe, sê Marzanne Roets, nasionale koördineerder by die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF).
Veeboere is bekommerd omdat hulle dringend entstowwe nodig het teen onder meer bloutong, ’n siekte by skape, slenkdalkoors, wat skape en beeste aantas, en Afrikaperdesiekte.
Boere word aangeraai om reeds aan die begin van die reënseisoen teen bloutong in te ent. Gevalle van die siekte kom reeds in die Vrystaat voor.