Meer suurlemoene gaan uit Suid-Afrika na China uitgevoer word nadat ’n ooreenkoms in die doodsnikke van die huidige uitvoerseisoen onderteken is.
China en Suid-Afrika het ’n verandering aan die verskepingsprotokol bekragtig wat die temperatuur wysig waarby suurlemoene verskeep moet word.
Plaaslike suurlemoene is voorheen by ’n temperatuur van -0,5 ºC verskeep. Die aanpassing maak nou voorsiening dat dit by 3 ºC verskeep kan word vir die 18 dae wat ’n vrag suurlemoene gewoonlik op see na China op pad is.