Die toekoms van duisende werkers in die suikerbedryf hang in die weegskaal nadat Tongaat Hulett in sakeredding gegaan het.
Suikerrietboere het teen einde Oktober die meer as R400 miljoen verwag wat die maatskappy aan hulle skuld, maar het nie ’n sent daarvan ontvang nie.
Sakeredding beteken mense of maatskappye aan wie Tongaat geld skuld, kan nie op betaling aandring nie en sal eers ná die ontwikkeling van ’n sakereddingsplan weet wanneer hulle betaal sal word. Dit sluit die suikerrietboere in.