Suikerrietboere kan binnekort miljoene rande se uitstaande betalings van Tongaat Hulett verwag.
Dit kom terwyl sakereddingspraktisyns swoeg om die voortbestaan van die maatskappy se bedrywighede in Suid-Afrika te verseker, nadat die maatskappy op 27 Oktober vrywillig in sakeredding gegaan het.
Die maatskappy het krediteure versoek vir uitstel vir die uitreiking van sy sakereddingsplan tot Januarie 2023. Dit moet gewoonlik binne 25 werkdae van die begin van sakeredding opgestel word, maar in die meeste gevalle word uitstel herhaaldelik toegestaan.