Vrystaatse boere sukkel steeds om met die somergraanaanplantings te begin ná die reën van die laaste paar weke. In sommige gebiede het meer as 300 mm reën geval en staan lande onder water. Verlede seisoen het dit ook baie gereën.
Stormagtige weer het die naweek op talle plekke in die Vrystaat voorgekom en swaar buie van tot 60 mm is aangeteken.
’n Haelstorm het in Bloemfontein gewoed.