Vyf van Tongaat Hulett se nie-uitvoerende direkteure het Donderdag summier bedank nadat die maatskappy onlangs in sakeredding gegaan het.
Tongaat het op Sens aangekondig die vyf voel die rol wat hulle tydens die sakereddingsproses kan speel, is “uiters beperk” en hulle het gevolglik bedank.
Die vyf is Andile Sangqu (effektief van 2 November); David Noko (effektief van 3 November); Louisa Stephens (effektief van 3 November); Robin Goetzsche (effektief van 3 November); en Graham Clark (effektief van 3 November).