Dit lyk asof daar nog nie ’n landwye tekort aan sonneblom- of ander kookolie in Suid-Afrika is nie.
Die kleinhandelaar Woolworths het egter “vir eers” kookolie-aankope tot twee eenhede per verbruiker op ’n slag beperk omdat dit lyk asof mense paniekaankope doen.
Netwerk24 verneem daar is ook ander winkels wat verkope begin beperk, maar dit lyk of dit van dorp tot dorp wissel en nie noodwendig ’n nasionale beleid is nie.