Volkswagen Suid-Afrika het Dinsdag die miljoenste Polo-motor vir die uitvoermark vervaardig.
Die motorvervaardiger is verheug oor dié mylpaal wat bereik is ondanks die uitwerking van die Covid-19-pandemie en die wêreldwye tekort aan mikroskyfies wat veral motorvervaardiging geraak het.
Volkswagen sê dat hy die Polo-motors, wat hier vervaardig word, na 38 lande uitvoer. Dit is hoofsaaklik na lande waar daar ook aan die linkerkant van die pad gery word, maar hy het ook van die motors vervaardig vir lande wat aan die regterkant ry.