Standard Bank sê die drie uur wat sy bankdienste Sondagmiddag nie beskikbaar was nie, is nie sy skuld nie, maar ’n diensverskaffer s’n.
Sondag net ná 13:00 het die bank-app, internetbankdienste, USSD of om met ’n krediet- of tjekkaart by verkoopspunte te betaal, asook sy kitsbanke, buite werking geraak en was dit drie uur nie vir kliënte beskikbaar nie.
Volgens ’n woordvoerder van die bank het ’n ondersoek getoon dit is veroorsaak deur die programmatuur wat deur ’n derde party aan hom verskaf word. Daardie verskaffer was ook daarvoor verantwoordelik om die bedieners te bestuur waarop die stelsel funksioneer.