Die nuwe opvolger vir Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa, word as ’n ervare direkteur en bekende sakeleier met 30 jaar ervaring in die finansiële bedryf beskryf.
Sello Moloko (Matthews Sello Moloko, 56), is as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en aangewese voorsitter van die Absa-groep en Absa Bank met ingang van 1 Desember aangewys.
Hy sal op 1 April die leisels by Lucas-Bull oorneem, wat einde Maart uittree.