Die aftreefondsadministrateur en -konsultant Alexander Forbes het in die afgelope jaar 30 000 lede onder sy administrasie weens afleggings verloor.
Dawie de Villiers, uitvoerende hoof, sê dit het die grootste impak op hulle in die afgelope boekjaar tot einde Maart gehad, en beleggers is bekommerd daaroor.
Die onderneming het met 914 000 lede onder administrasie begin en die jaar op 864 000 geëindig nadat daar ook agt likwidasies van ondernemings was aan wie hy dié dienste gelewer het.