Absa ontken dat hy van klein en middelslag-ondernemings wat vir lenings aansoek doen, vereis dat hulle 51% in swart besit moet wees.
Dit volg nadat AfriForum ’n prokureursbrief aan Absa-bank gerig het waarin hulle vra dat die bank dié “rassekriteria” in die toestaan van finansiering verduidelik.
Klagtes is van lede van die publiek ontvang oor die beweerde kwalifiserende kriteria vir lenings aan klein en middelslag-ondernemings, volgens AfriForum.