Die Suid-Afrikaanse farmaseutiese groep Aspen moet die prys van sekere noodsaaklike kankermedisyne in Europa met gemiddeld 73% verlaag.
Die Europese Kommissie (EK) sê in ’n verklaring in ’n ondersoek is geen grondige rede gevind vir die vet winste wat Aspen uit die betrokke middels maak nie.
Aspen moet ook sowat R430 miljoen (€24 miljoen) opdok omdat die nuwe pryse terugwerkend in werking tree.